Saturday, May 28, 2011

'n Verjaarsdag en 'n prekie

Kinders laat ons dinge doen. Hulle sorg dat ons nie net toeskouers in die lewe bly nie, maar by baie en interessante dinge betrokke raak. Hulle dwing ons om uit 'n ander hoek na die lewe te kyk. Uit hulle perspektief. En meestal leer ons grootmense daaruit - meer as wat ons dink!

Wie sou ooit kon dink ek sou my hand aan so 'n koek waag? Nee, dit gaan geen prys wen nie, maar vir my en my dogtertjie was dit een awesome koek!